MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 40

LANDBOU

bloubessies , sitrus en pruime . “ Die pruime is besig om al hoe minder te raak en die uitdagings in hierdie marksegment raak net te veel ,” vertel hy .

“ Ons sukkel met uitvoere en die logistieke probleme by die Kaapstadse hawe veroorsaak dikwels dat ons groot verliese lei . Die verskeping sloer , met die gevolg dat ons vrugte of laat by die teikenmarkte aankom , of die gehalte daarvan het teen daai tyd so verswak dat dit byna nie verkoop kan word nie . En dan moet ons daardie finansiële verliese dra en boonop nog betaal vir die vrugte wat iewers gestort moet word .” Op Fransmanskraal is daar ongeveer 13 ha bloubessies van verskillende kultivars waarmee

hulle die afgelope 6 jaar boer . Daar is ook 45 ha sitrus , 10 ha pruime en 100 ha wyndruiwe . Tussenin is daar heelwat ongebruikte grond en munisipale grond wat ook bygehuur word . Altesaam word ongeveer 300 ha benut of deels geboer .

“ Deesdae moet landbouers diversifiseer en ons het besluit om deel van agri-toerisme te word met die skep van twee gastehuise , Fransmanshuijs en Fransmans Cottage en ‘ n funksielokaal , Landtscap . Die funksielokaal bied ook toegang van die Bottelarypad af en talle troues , konferensies en korporatiewe funksies word hier aangebied in ‘ n lokaal met sekerlik die mooiste uitsig oor Stellenbosch en die Hottentots-Hollandberge ,” sê hy .

Groot dele van die plaas is reeds met beskermende nette bedek – wat beskerming bied teen veral wind , insekte en sonbrand .
40 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024