FRANSMANSKRAAL – BLOUBESSIE-HEMEL HOOG IN DEVONVALLEI
LANDBOU
FRANSMANSKRAAL – BLOUBESSIE-HEMEL HOOG IN DEVONVALLEI
Bo : Piet Carinus boer op Fransmanskraal met bloubessies , sitrus , wyndruiwe en pruime . Onder : Bloubessies raak op verskillende tye ryp en net die ryp bessies word gepluk . Elke plant kan tot ses keer in ‘ n seisoen deurgepluk word voordat die hele oes af is .
In die Stellenbosch-streek is daar vele plase wat al geslagte lank suksesvol deur dieselfde families geboer word . Fransmanskraal , hoog bo in die Devonvallei , is een van hulle . Die uitsig van die plaas oor feitlik die hele Stellenboschgebied is iets om te beleef en skep ‘ n prentjie van rustigheid en kalmte .
Maar hierdie tyd van die jaar is dit nie rustig op die plaas nie . Miskien kalm , want hier word op al die oeste gefokus en werkers is oral bedrywig in verskillende boorde en wingerde .
Piet Carinus is die 7de geslag Carinus om sy merk hier te maak . Hy boer met wyndruiwe ,
39 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024