MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 38

LANDBOU

die plaas kom . “ Dis lekker om saam met my suster te werk en ons kom redelik goed oor die weg , veral omdat ons elkeen ons eie deel van die plaas bedryf ,” verduidelik Hermann . Heidi stem saam : “ Ondanks die feit dat ons 13 jaar verskil , werk dit vir ons al haak daar soms dinge . Dan stryk ons dit vinnig uit en gaan ons aan met die boerdery .” Hul jonger sussie , Inge , werk in die deli , terwyl Anchen ‘ n boekhouer is en Marike ‘ n onderwysers aan die Hoërskool Stellenberg is .

Oor die verdeling van pligte op die plaas is Heidi nogal openlik . “ Ek hoef net een keer per week na die varke om te sien , wat my tyd gee om al die ander verpligtinge na te kom . Hermann moet elke dag in die wingerde wees om toe te sien dat dinge reg verloop , so dis makliker vir my .”

Oor die toekoms van De Clapmuts is hulle albei positief .

“ Ons het ons kwota probleme – soos die feit dat hier nogal heelwat diefstal is met meestal elektriese kabels wat gesteel word , wat natuurlik baie kos om vervang . Ons sit tussen twee staatsplase en het in ‘ n stadium groente , botterskorsies , kool en broccoli geplant , maar die mense loop met feitlik alles weg . Dit is net nie meer die moeite werd nie ,” vertel sy .

“ Maar ons sal dit vir niks verruil nie – jy kan Tafelberg van hier af sien en daardie akkerbos oorkant die pad , is deur my oupa aan my ouma geskenk – ons kan dit mos nie net so los nie .”

38 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024

Die boorpunte wat gebou is om te hou

Precision Tools
Original Ruwag
Quality Guaranteed
tel : 0861RUWAGT , email : sales @ ruwag . co . za , www . ruwag . co . za