Ask you friendly salesman for assistance ! oopgemaak is nou bietjie meer as ‘ n jaar aan die gang en hulle word reeds oorval vir funksies , troues en konferensies . Onthale word ook op die gras buite die herehuis gehou en die plek is veral gewild vir jaareindfunksies en huisdanse .
“ Daar is ‘ n interessante storie oor hierdie huis ,” sê Heidi . “ Daar word vertel dat die oorspronklike eienaar opdrag vir die huis se restourasie gegee het en toe die binneland in is . Die bouers het bloot aanhou bou tot hy teruggekeer het en hulle toe gestop het . Die gevolg is dat hierdie huis se mure van die hoogste in die Wes-Kaap is vir huise uit daardie era .”
Die plafonne en balke is van geelhout en die houtmeubels in die vertrekke versterk die antieke gevoel . Bo die ou vuurherd in die kombuis is daar ‘ n oop skoorsteen wat ten minste 15 m hoog is .
Hermann vertel dat hy ná sy matriek aan Paul Roos Gimnasium wingerdkunde en hortologie aan die Elsenburg-landboukollege gestudeer het en in 2021 plaas toe gekom het . Hy is nou in beheer van die wingerde . Hulle besproei die hele tyd uit twee groot damme op die plaas wat water vanaf die Theewaterskloofskema kry . Dit was nog nooit eintlik ‘ n probleem nie en dit is net met beurtkrag dat hulle soms sukkel om die besproeiing op datum te hou . Hermann word deur ongeveer 29 werkers in die wingerd bygestaan .
Die boetie-en-sussie-kombinasie van Hermann en Heidi blyk goed te werk as dit by die bedryf van