MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 36

LANDBOU

duurder die voer geraak het . Die pryse is gewoonlik beter tussen Oktober en Desember , maar deur die jaar wissel dit baie .

Die deli fokus op die verkoop van die vleis en wyn , en ingelegde konfyt wat tot vandag toe nog getrou gemaak word deur die 90-jarige Marie Fullard , Heidi en Hermann se oupa se suster . Sy bly tans op Moorreesburg en “ kan nie stilsit nie ”, aldus Heidi . Heidi se ma boer tussen Ashton en Swellendam waar sy ‘ n melkkudde bestuur en hulle hul eie kaas maak . Die kaas word ook in die deli op De Clapmuts verkoop .

Die ou herehuis is omskep in ‘ n gastehuis met drie en suiteslaapkamers .

Hulle het in September 2022

Bo : Een van die netjiese varkhokke op De Clapmuts . Daar is tans meer as 6 000 varke op die plaas . Onder : Die ou stal is in ‘ n onthaalvenue omskep waar daar plek vir tot 150 mense geskep kan word .
36 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024