MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 30

LANDBOU

hoenders , beeste , groente en alles en nog wat . Oupa Heins se pa het van Duitsland af hier aangekom en eers in die vlak ( soos die Kaapse vlakte toe bekend gestaan het ) geboer voordat hy hierheen getrek het . Hy het twee seuns gehad en het later van tyd die oorspronklike plaas , De Clapmuts , in twee verdeel sodat elkeen op sy eie kon boer . Die oudste seun het die naasliggende Delvera gekry en die jonger broer , my oupa , De Clapmuts ,” verduidelik Heidi die verloop van sake .

Die meeste van die historiese geboue , insluitend die ou perdestal wat uit 1700 dateer en nou die deli en restaurant huisves , is steeds op die plaas . Die hoofhuis is in 1823 gerestoureer , maar is waarskynlik al in die 1700 ’ s gebou , terwyl die ou melkstalle nou as ʼn venue vir funksies gebruik word .

Heidi se pa , Pauli , is 7 jaar gelede op die vroeë ouderdom van 49 oorlede . Daarna het bestuurders eers die plaas se bedryf oorgeneem waarna sy en haar span oorgeneem het .

“ Ons is 5 kinders en ek is die oudste . Ná voltooiing van my skoolloopbaan aan die Hoër Meisieskool Bloemhof het ek BSc Wingerd- en Wynkunde gaan studeer . Ek het in 2010 graad gevang en toe by die Lusangroep begin en in Stellenzicht se proelokaal gewerk . Daarna het ek vir ’ n paar jaar by die Voorgroenbergstokkiekwekery naby Wellington gaan werk totdat ek by IFG , ’ n oorsese tafeldruif- en kersieteler , aangesluit het .

30 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024