LANDBOU
Hierdie historiese landgoed is al vier geslagte in besit van die Heins-familie . Tans is Heidi en haar man , JD , en Heidi se jonger broer , Hermann , aan die stuur van sake . Ons gesels onder die einste eikebome wat al vir eeue oor die Heinse waak en hoor van stories uit Van Riebeeck en Van der Stel se dae en hoe die plaas aanvanklik as veebuitepos gebruik is .
Heidi ontvang ons by een van die tafeltjies onder die eike en gemaklik vertel sy ons die geskiedenis van een van Stellenbosch se oudste plase terwyl Hermann aandagtig sit en luister . JD sit ‘ n entjie verder weg by ‘ n ander tafel , besig met bestellings en ander administratiewe take wat die varkboerdery , deli en wynplaas aan
die gang hou .
“ Die De Clapmuts-plaas het ontstaan as ’ n halfwegstasie tussen Kaapstad en die Paarl en Franschhoek en is grootliks as ‘ n vee-buitepos deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gebruik ,“ skets sy .
“ Soos baie ander plase van daardie tyd , het dit gereeld van eienaar verwissel , maar in 1946 het Hermann Heinrich Paul Heins die plaas bekom en het hy die Duitse erfenis laat voortleef . Ons is vandag die vierde geslag afstammelinge wat hier boer en ons steeds besig hou met die produksie van wyn en varkvleisprodukte van hoogstaande gehalte ,” sê sy trots .
“ Aanvanklik is hier met ‘ n mengelmoes produkte geboer –
Die ou herehuis is nou in ‘ n gastehuis verander met drie en suite-kamers .
29 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024