MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 28

DE CLAPMUTS HEINS - FAMILIEPLAAS NOU IN BROER EN SUSTER SE HANDE
LANDBOU

DE CLAPMUTS HEINS - FAMILIEPLAAS NOU IN BROER EN SUSTER SE HANDE

Bo : Hermann en Heidi voor die herehuis op De Clapmuts . Onder : Die jong varkies is baie nuuskierig en word met spesifieke voermengsels gevoer .

Die gedagte aan ‘ n varkplaas wek nie altyd beelde van varsheid en netheid op nie . Om die een of ander rede wil ’ n mens onwillekeurig dink aan hokke met modder en raserige varke wat stoei om kos of ‘ n lêplek en hulle almal staan op ‘ n hoop .

Maar by De Clapmuts aan die R44 naby die Elsenburgpad , is dit ’ n heel ander storie . Hier kry jy nie die indruk van ‘ n rumoerige , snorkende potjierol-konsert nie , eerder die onmiddellike gevoel van rustigheid en die besef dat hier ’ n lang geskiedenis onder die reusagtige eikebome vasgevang is .

28 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024