LANDBOU
“ Toe dinge op die plaas te veel geraak het en ek nie meer twee beroepe aan die gang kon hou nie , het ek in 2021 besluit om voltyds plaas toe te kom .”
Heidi en haar span boer tans op 112 ha met wyndruiwe en hulle plant wat sy die groot ses noem : cabernet sauvignon , shiraz , merlot , pinotage , sauvignon blanc en chardonnay . Die druiwe word nie op die plaas gepars nie , maar uitgekontrakteer en die wyn word onder die Heins-etiket bemark . Tans konsentreer hulle op hul sauvignon blanc , droë rosé en shiraz .
“ Ons varke is egter die grootste deel van die besigheid en dis ons brood en botter . Ons gebruik KI en
PIC-genetika op Landras-sôe en teel nie verder self met die varke nie . Die vleis word ook elders geslag en ons bedryf nie ons eie abattoir nie – daar is net te veel regulasies en wette en ons kan dit nog nie self behartig nie . Ons verwerk so tussen 5 en 10 varke per week , en die geslagte karkasse word verwerk vir verkoop in ons eie deli , die Kleine Liebe Restaurant & Deli . Ons verpak self die vleis vir braaipakke met tjops , ribbetjies en boude en maak selfs ‘ n unieke droë-varkwors wat baie gewild geraak het . Hier is gemiddeld vier mense wat in die verwerkingsaanleg werk , met JD wat toesig hou en soms self inspring ,” verduidelik sy .
De Clapmuts maak al hul wyne onder die Heins-handelsmerk . ‘ n Ode aan hul Duitse voorvaders .
31 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024