MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 24

LANDBOU

met buurplase geplant word .

“ Ons maak hoofsaaklik cabernet sauvignon , sauvignon blanc , pinotage , shiraz en merlot , maar ons het vanjaar vir die eerste keer chardonnay gemaak . Dit sal eers in 2024 gebottel word en lê op die oomblik in die vate . Dit was die beste gehoute chardonnay in Stellenbosch by die SA Jongwynskou en ons is baie trots

daarop dat ons eerste probeerslag met hierdie kultivar so suksesvol afgeloop het . Michelangelo- en Veritas is van die ander toekennings wat op ons bottels pryk . Ons maak ook ‘ n rosé en ʼn vonkelwyn om die reeks verder uit te brei . Kobie du Toit van Bergkelder het al kom uithelp en het vir ‘ n rukkie hier wyn gemaak . Alwyn was vanjaar vir die eerste keer hier en ons gebruik hom

Bo : Die wit tier is een van die aantrekkingskragte in Vredenheim se wildpark . Links onder : Swartwitpense is ook deel van Vredenheim se wildkamp . Regs onder : Sebras , duidelik in ‘ n goeie toestand , loop op die gras van die wildkamp oorkant Vredenheim se kelder en proelokaal .
24 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024