MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 23

LANDBOU

word nie . Ons teel ook nie met hulle nie – geen roofdiere mag in die Wes-Kaap geteel word nie . Hulle is almal gekoop van telers uit die Thabazimbi- en Rust-De-Winteromgewing ,” skets hy verder .

“ Hulle word twee maal per dag , om 11:00 en 15:00 gevoer . Hulle kry meestal hoenders , maar ons skiet dikwels kolganse wat ‘ n oorlas van hulself in ons gesaaides maak . As dit nodig is , kry hulle medikasie , byvoeding en word hulle vir bosluise behandel . Ons ontleed ook gereeld mismonsters om seker te maak dat hulle gesond is ,” vertel Coenraad .

Die leeupark is in 2008 begin en die bekendste inwoner is sekerlik Priester , die wit leeu . Dan is daar ook nog ‘ n seldsame swart luiperd . In 2010 het Coenraadhulle die park oorgeneem en alles self begin doen . Daar is ‘ n fokus op opvoedkundige toere vir sowel buitelandse as binnelandse toeriste en talle skoolgroepe besoek die park om meer oor die diere te leer . “ Vir baie mense is dit die enigste plek , en ‘ n eerste keer , wat hulle sulke roofdiere kan sien en van naby kan beskou ,” sê Coenraad .

Daar is 4 leeus , 3 tiere en 2 luiperds in die park , waarvan twee wit tiere en twee wit leeus is . Kultivars op die plaas is sauvignon blanc , pinot noir , cabernet sauvignon , malbec en chardonnay , wat in vennootskap

“ Priester ”, die wit leeu , is een van vier leeus in die wildpark .
23 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024