MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 22

LANDBOU

“ Ons het ‘ n groot verskeidenheid wildsbokke op die plaas wat in ‘ n kamp ver van die roofdiere af aangehou word . Die bokke , hoofsaaklik springbokke , sebras , swartwitpense en elande , word in die groot graskamp oorkant die pad van die hoofplaas aangehou . Ons bied wildkykritte aan , meestal vir buitelandse besoekers , maar die plaaslike toeriste is ook gretig om daar in die veld te ry en die wild te kyk ,” vertel Coenraad .

Die leeupark op Vredenheim trek al vir ‘ n hele paar jaar die aandag en is steeds baie gewild . Dit is binne stapafstand van die hoofgebouekompleks en ‘ n mens stap deur lowergroen tuine wat netjies

in stand gehou word . ‘ n Groot dam rond die byna idilliese prentjie af .

“ Die leeupark lok deesdae net soveel mense as in die verlede , al het ons soms teenkanting van bewaringsbewustes gekry . Dis veral in die winter wanneer dit nat en grou hier is wat die diere dalk ongelukkig lyk . Maar ons sorg goed vir hulle en ‘ n veearts kom gereeld om te kyk of hulle gesond is . Ons werk nou saam met Cape Nature om te verseker dat ons alles doen wat van ons verwag word ,” verduidelik Coenraad .

“ Geeneen van ons roofdiere is in die natuur gevang nie en almal is in gevangenisskap gebore . Hulle kan dus nie in die natuur vrygelaat

‘ n Volledige reeks wyne word op Vredenheim gemaak . Die gemsbok-afbeelding is te danke aan hul liefde vir wild .
22 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024