MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 19

LANDBOU

vir sy internskap na die Kgalagadioorgrenspark , volgens hom die ideale plek om te werk , voordat hy as jagter opgetree het en toe plaas toe gekom het .

Tydens hul verblyf op Vredenheim , het Coen en Rikie die plaas en geboue grotendeels gerestoureer en veral die hoofhuis herbou terwyl hulle self in die slawehuis gebly het . Coen het voortgegaan met sy Jersey-melkery totdat dit in 1992 verkoop is . Sy liefde vir beeste was steeds baie groot en sy Brahmaan-stoet was welbekend in die omgewing . Die ras het egter nie goed in Stellenbosch aangepas nie en toe Basie , hul ander seun , by hulle aangesluit het , het hulle aanvanklik met sy Angusstoet aangegaan .

Mettertyd het die nat omgewing hulle gedwing om die Brahmaanstoet te verkoop . Coen het egter sy ander voorliefde , wild , op die plaas begin vestig . Dit is vandag ‘ n groot deel van die Vredenheim-besigheid . Die Angus-beeste is steeds in die familie , maar word op die oomblik in die Vrystaat gehuisves .

Die baanbrekersbloed vloei sterk in die Bezuidenhouts se are . Hul dogter , Elzabé , het wyn begin maak op die plaas , sonder enige formele opleiding , maar darem met die raad en ondersteuning van die destydse Stellenbosch Boerewynmakery . So het sy die eerste vroulike wynmaker

Carli Bezuidenhout hou een van die mak lammetjies in die plaaspark vas .
19 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024