MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 18

LANDBOU

uitgevoer .

Die plaas Vredenheim is egter al ongeveer 332 jaar oud , wat dit een van die oudste wynlandgoedere in die Stellenbosch-streek maak . Coen en Rikie Bezuidenhout het van KwaZulu-Natal hierheen getrek . Hul liefde vir wild bly voortleef in die wild wat vandag nog hier aangehou word . Hul kinders , Basie en Elzabé Bezuidenhout , is tans die plaas se eienaars , maar die daaglikse bestuur , is in die hande van hul twee seuns , Coenraad en Jaco . Elzabé is voltyds by die toerisme-afdelings betrokke .

“ My pa-hulle kom nog gereeld hierheen , veral as die kinders verjaar ,” vertel Coenraad in Vredenheim se raadsaal .

Coenraad en Jaco is in beheer van al die bedrywighede op die plaas . Hulle word darem deur hul eggenote bygestaan , sowel as ‘ n span kundige en entoesiastiese werknemers wat die belange van die plaas op die hart dra .

Carli , Coenraad se vrou , is betrokke by die parke , kinderpartytjies en skoolgroepe , terwyl Jaco se vrou , Mari , die gastehuis bestuur .

Coenraad is die oudste van die twee broers en hy bestuur hoofsaaklik die diereparke , die wild en die saaibesigheid terwyl Jaco die finansiële en wynverantwoordelikhede oorgeneem het .

Coenraad het aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer en toe wildbewaring aan die Kaapse Technikon gestudeer . Daarna is hy

18 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024