LANDBOU
Vredenheim is reeds vir drie geslagte in die Bezuidenhoutfamilie se besit met pa Coen en ma Rikie wat die besigheid opgebou het nadat hulle uit KwaZulu-Natal hierheen getrek het . Maar die storie begin veel vroeër as dit . . .
Die plaas is van groot historiese belang en die ou herehuis is reeds in 1789 gebou . Die titelakte is in 1691 uitgereik , maar daar is reeds van 1687 af op Vredenheim geboer en dit was een van die eerste plase wat Simon van der Stel teen die Eersterivier uitgereik het . Eers is daar toe met onder andere tulpe geboer en later port gemaak .
Die plaas het aanvanklik as Vredenburgh bekend gestaan . Coen het dit in 1986 as ‘ n druiweplaas en melkery gekoop . Hy het nog ‘ n rukkie
met die melkery aangehou , maar het dit mettertyd opgegee .
Een van die vorige eienaars , Johan Neethling , het die plaas ook by sý pa oorgeneem en wou die plaas as landgoed registreer om hul wyne te kon bemark . Die naam Vredenburgh het in daardie stadium egter aan Gilbeys , die wynmaatskappy , behoort . Om dit te omseil het Johan die naam Vredenheim geregistreer , ‘ n naam wat vandag sy skoene in die Suid-Afrikaanse wynbedryf vol staan . Johan Neethling se pa , Tienie , was veral bekend vir die maak van port en sjerrie . Rene Santhagen , die eerste broumeester van die Van Ryn-brandewynkelder wat vandag steeds ‘ n ikoon in die Suid-Afrikaanse en internasionale brandewynwêreld is , het dit
Nuwe sitrusboompies is onlangs op Vredenheim aangeplant om hul bestaande boorde aan te vul .
17 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024