VREDENHEIM - BAIE MEER AS NET ’ N LEEUPARK
LANDBOU
VREDENHEIM - BAIE MEER AS NET ’ N LEEUPARK
Bo : Coenraad ( links ) en Jaco Bezuidenhout is nou in beheer van Vredenheim aan die westekant van Stellenbosch . Onder : Die leeus wat hier aangehou word , is in gevangenisskap elders geteel en kan nie in die natuur vrygelaat word nie .
Van ver af kan ‘ n mens maar min van Vredenheim sien en besef jy nie hoe bedrywig hierdie familieplaas met al sy vertakkinge is nie .
Dis eers as jy voor die indrukwekkende proelokaal stilhou , dat jy besef dat jy op ‘ n historiese wynplaas in Stellenbosch is . Vir baie mense is Vredenheim sinoniem met die leeupark wat op die terrein bedryf word . Maar daar is veel meer as dit aan die gang .
‘ n Suksesvolle wynkelder , ʼn uitsoek restaurant en deli , ʼ ’ n keurige proelokaal , ‘ n plaaspark vir kinders en asemrowende mooi tuine waarin troues aangebied word , is agter die aanvanklike aansig van die plaas versteek .
16 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024