MARKtoe! DESEMBER 2023 JANUARIE 2024 | Page 13

LANDBOU

nie ,” spot hy . Oor die toekoms van die wynbedryf is Johann positief en opgewonde . “ Ons het soveel inligting tot ons beskikking danksy werk wat deur georganiseerde wynbedryf-organisasies soos Vinpro en WOSA gedoen word . Mense kla so maklik as iets nie lekker werk nie en probeer vingers wys na ander . Hulle moet meer introspeksie hou en bietjie binnekant toe kyk en nadink oor wat hulle self doen . Elke produsente probeer iets op sy eie en om iets anders te doen , maar hulle moet besluit waar hulle hul fokus wil plaas . Jy kan nie alles vir almal wees nie ,” volgens hom .

“ Maar die SA-wynbedryf moet ook ‘ n kopskuif maak . Die

premiumisering van ons wyne is belangrik , maar dan moet ons die verbruiker van goeie wyn kan voorsien . Dit help nie jy probeer ‘ n bottel wyn vir R1 000 verkoop en die gehalte van die wyn is onder verdenking nie . Die mark is nie dom nie en die gewone Jan Rap wat wyn van die rak af koop , moet waarde vir geld kry sodat hy dit weer sal doen .”

Johann meen Suid-Afrikaanse wynprodusente moet vir die volgende 10 tot 15 jaar kwaliteitwyne maak sodat ons stadigaan erkenning daarvoor kan kry . Hy glo die land kry nog nie die regte pryspunte nie , maar dat dit iets is wat deur vraag en aanbod bepaal sal word . Hy glo die wynbedryf sal die mas opkom , maar dan moet persepsies oor die bedryf ,

Ou bottels wyn uit Kanonkop se vroeë geskiedenis word in “ Die Gat ” gebêre vir spesiale geleenthede .
13 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024