LANDBOU
etiket het selfs gelees : ‘ Wine from Argentina and South Africa ’,” vertel hy .
“ Ek drink nou al wyn vandat ek 6 jaar oud was . Maar my passie is nie noodwendig vir wyn nie , maar veral vir die besigheid van wyn – the business of wine , nie wine business nie . Dis my passie en ek gee myself ook nie uit as ‘ n groot wyn-boffin of -kenner nie . Dis nie waaroor dit vir my gaan nie – dit is die besigheid van wyn ,” beklemtoon hy sy liefde vir die bedryf .
Kanonkop voer tans hul wyne wêreldwyd uit na 70 lande met van die grootste markte in die Verenigde Koninkryk , Duitsland , Nederland , Amerika en ook na China .
“‘ n Land soos Indië is baie moeilik omdat elke streek sy eie wetgewing en regulasies het en ek glo nie ons gaan binne die volgende tien jaar daar ‘ n groot deurbraak maak nie . Ons fokus bly maar op die tradisionele markte in lande met wie ons ook ‘ n kulturele verbintenis het ,” verduidelik hy .
“ Om wyn na China uit te voer is ook ‘ n nagmerrie . Jy weer nie waar die wyn eindig en wie die eindverbruiker is nie . In Nederland en Engeland weet ons presies waar die wyne eindig . Ek gaan nog gereeld self oorsee en is pas terug uit Oostenryk en Frankryk . En nee , ek het nie onlangs ‘ n ‘ besigheidsreis ’ na Frankryk onderneem toe die Rugbywêreldbeker aan die gang was
Die vatverouderingskelder van Kanonkop . Vate word gemiddeld elke vyf jaar vervang .
12 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024