LANDBOU
fokus op wat jy doen en nie alles vir almal probeer wees nie . Daardie vrugteslaai van wyne wat sommige produsente op die mark plaas , werk nie vir ons nie . Dit help nie om sauvignon blanc net te maak omdat jou skoonma daarvan hou nie . Ons grond het ons gelei tot waar ons vandag is en na die wyne wat ons maak . Daarmee saam gaan natuurlik die ander terroir-faktore soos die briesie wat saans ons hoërliggende wingerde afkoel en dit tussen 3 ° C en 4 ° C koeler maak as ander dele van Stellenbosch ,” sê hy met ‘ n skalkse glimlag .
Johann het aanvanklik as prokureur gekwalifiseer , maar hy spot en sê hy was te eerlik vir die beroep en het toe verder gaan studeer . Hy het sy passie gevolg en het by die KWV wat hy as ‘ n uitstekende leermeester beskou , aangesluit en so kon hy daardie passie uitleef .
Sy liefde vir wyn loop diep in sy are en kom van sy oupa , ma en pa – hy het met wyn grootgeword .
“ Daardie jare was 89 % van die wyn wat ons gedrink het , Tassenberg , en my oupa het ook soms ‘ n witwyn , Angelika , gedrink . By uitsondering het oupa ‘ n bottel Chateau Libertas uitgehaal toe dit nog een van die topwyne was . Vandag is dit steeds goeie waarde vir geld , maar ongelukkig het die smaak deur die jare verander en veral nadat die produsente ingevoerde Argentynse wyn met Suid-Afrikaanse wyne versny het om die handelsmerk uit te bou . Die
Johann Krige , mede-eienaar van Kanonkop , by ‘ n muur van herinnering van mense wat Kanonkop help vorm het .
11 MARKtoe ! Desember 2023 / Januarie 2024