MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 6

Pieter Beukes Boerdery
LANDBOU

Pieter Beukes Boerdery

Die snerpende koue is op pad na Pieter Beukes Boerdery se twee plase buite De Doorns in die Wes- Kaap . Die Hexrivier- en Kwadouwberge om plase Excelsior en Monte Bello dra sneeumusse as bewys van die twee verwoestende storms wat die omgewing onlangs geteister het .

Pieter Beukes is ’ n indrukwekkende man met ’ n stout blik in die oë , en enige onderhoudvoerder weet onmiddellik dat hier fyn getrap moet word .

“ My oupa en pa het Excelsior in 1972 op ’ n veiling gekoop . Ek is nou die derde generasie en het in 1995 hier aangekom . En dis maar dit ,” sê Pieter .

6 MARKtoe ! Augustus 2024
Bo : Pieter Beukes is reeds die derde geslag op die plaas . Onder : Pieter Beukes Boerdery se hoofbestuurder , Jaco Lütter , kan Agriplas se outomatiese terugspoelfilter met behulp van sy selfoon monitor .