LANDBOU
Pieter het Boerderybestuur in Worcester studeer , en daarna Koste- en Bestuursrekeningkunde in die Kaap . “ Ek het dus meer in ’ n rekeningkundige rigting studeer , en dit help my vir seker .”
Pieter boer uitsluitlik met om en by 60 hektaar tafeldruiwe .
“ Alles is deesdae pitloos , en dit is nogal ’ n groot uitdaging . Die probleem is dat die druiwe te lank in die hawens staan en die pitloses kan dit nie vat nie . Die outydse gepitte kultivars het ’ n baie langer raklewe gehad . Die rede vir die pitlose is dat die Europeërs , die Engelse , Sjinese en Maleisiërs nie meer pitte wil uitspoeg nie .”
Chili is Suid-Afrika se grootste kompetisie en Indië met die later vrugte . En daardie klein venster waartydens tafeldruiwe met groot
Bo : Marinda Green maak die nuwe lote wat die volgende oes gaan dra , aan die draad vas . Onder : Alhoewel die plase in De Doorns se omgewing te klein is vir ander gewasse behalwe tafeldruiwe en sitrus , is daar oorgenoeg water om ook hierdie vrugtebome se dors te les .
7 MARKtoe ! Augustus 2024