MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 59

WINKEL

afhangend van die toepassing waarvoor dit gebruik word . Hy verduidelik dat dit vir landbouers al hoe meer noodsaaklik geword het om doeltreffende filtreerstelsels te gebruik . Filters speel ’ n noodsaaklike rol in die hergebruik van water in sowel die landboubedryf as op industriële vlak .

Akkurate grondvogmeters

“ Ons is die enigste produsent ter wêreld wat ’ n ‘ wetting front detector ’ vervaardig , ’ n basiese skeduleringhulpmiddel wat grondvoggehalte bepaal en vasstel hoe vinnig vog ná watertoediening versprei . Die instrument sê vir die produsent hoe lank en hoe gereeld hy water moet gee . Ons verkoop

duisende daarvan en omdat dit nie elektrisiteit nodig het om te werk nie , en dit so goedkoop en doeltreffend is , is dit ideaal vir kleinboere .” Agriplas het alreeds begin om industriële filters van verskillende groottes aan die landboubedryf te verskaf , maar ’ n toenemende aanvraag uit industriële en mynbougeledere het ’ n nuwe ontwikkelingsveld geskep .

Craig word ondersteun deur ’ n sterk bestuurspan met baie ervaring in die besproeiingsbedryf . Pieter is al 35 jaar in die bedryf . Die res van die span sluit ook vir Allan in en dan is daar David Sass , die logistieke bestuurder , Chandré Brandt , die finansiële bestuurder , en Johann Verster , die produkbestuurder vir outomatisering .

15 . 16 .
15 . Allan Roodman is die fabrieksbestuurder . 16 . Slegs Virgin LLDPE word vir die vervaardiging van drupperpyp gebruik .
59 MARKtoe ! Augustus 2024