WINKEL
13 .
Elke druppel tel
Volgens Craig word die dienste van agronome gereeld deur handelaars ingespan om die voggehalte van die grond te bepaal en daardeur te help om die regte besproeiingstoerusting te gebruik . Hulle kyk na die geheelbeeld en maak aanbevelings vir water- en kunsmistoediening . Die gepaste toerusting word dan deur Agriplas vervaardig en verskaf .
“ Ons het byvoorbeeld ’ n verskeidenheid mikrospuite wat van 20 l / uur tot 100 l / uur se water deurlaat , afhangend van die kontrakteurs se aanbevelings . Só kan ons presiese kunsmistoediening met ons produkte skeduleer , terwyl drupperlyne met ʼ ’ n akkuraatheid van so min as 0,8 l / uur ook vervaardig word . Hierdie toediening word fyn wetenskaplik bepaal en mens kan verstaan dat ’ n produsent wat 100 ha onder
14 .
besproeiing het , dit nie kan bekostig om selfs 5 % meer water toe te dien as wat nodig is nie . Ons produkte help daarmee . Omdat landbou een van die regering se fokusareas vir ontwikkeling is , en weens die waterskaarste in die land , speel ons ’ n kernrol in die doeltreffende gebruik daarvan deurdat ons die regte produkte aan produsente verskaf . Ons hoofdoel is om voort te gaan om op wateroplossings te fokus en om seker te maak dat wat ons doen , so presies as moontlik is , tot voordeel van die produsente en hul produksieprosesse .”
Pieter Joubert , Agriplas se nasionale verkoopsbestuurder , sê Agriplas se filters vir besproeiing begin by groottes van 20 mm tot en met 12 en 14 duim staalfilters , wat enigiets van 50 l / uur tot 2 000 kubieke l / uur kan filtreer . Die filters self wissel van grof , sowat 800 mikron , tot baie fyn , 20 mikron ,
13 . David Sass is die logistieke bestuurder . 14 . Agriplas vervaardig ’ n volledige reeks druppers vir besproeiing van alle gewasse .
58 MARKtoe ! Augustus 2024