WINKEL
jaarliks tussen 8 en 11 miljoen mikrospuite met die hand aanmekaargesit deur ’ n span van ongeveer 22 mense . In seisoentyd is hier meer as 50 mense en is daar ook ’ n nagskof ,” sê hy .
Volgens Quinton Kotze , Agriplas se produksiebestuurder , word die meeste werk deur geoutomatiseerde masjiene gedoen wat deur deeglik opgeleide personeel bestuur word . In die vervaardigingsaanleg is daar groot klem op afvalmateriaal en sommige produkte bevat tot 75 % herwonne materiaal . Herwonne polimeer word ook vir die vervaardigingsproses aangekoop .
Noukeurige naspeurbaarheid
Die fabriek voldoen aan streng
vereistes vir naspeurbaarheid en elke produk word met lasers gemerk met die datum , tyd en die masjien waarop dit vervaardig is om hierdie proses te vergemaklik . Gehaltebeheer vorm natuurlik ook ’ n integrale deel van elke produksieproses in die aanleg .
Daar is toenemende klem op outomatiseringstoerusting omdat dit produsente in staat stel om hul waterbronne meer akkuraat te bestuur , ook van ver af . Doeltreffende besproeiingsbestuur moet ’ n groot aantal faktore in ag neem , insluitend klimaat en mikroklimaat , grondtipe , watergehalte , die gewasse wat gekweek word , die topografie en die stelsels wat gebruik word . Dit alles help om presiese boerderypraktyke toe te pas om besparing en maksimale opbrengs te verseker .
11 . 12 .
11 . Quinton Kotze is die produksiebestuurder by Agriplas se vervaardigingsaanleg in Brackenfell . 12 . Verskillende tipes plastiese kleppe maak ’ n groot deel uit van die produkte wat Agriplas bemark .
57 MARKtoe ! Augustus 2024