WINKEL
10 .
bestemming vervoer waar kontrakteurs die installering hanteer . Besproeiingsontwerpers se instruksies word deurgaans noukeurig gevolg . Die verkryging van die onderdele daarvoor en verspreiding daarvan , is Agriplas se verantwoordelikheid .
Die vervaardiger het tans ongeveer 130 voltydse werkers in diens , insluitend fabriekswerkers , tegniese adviseurs , meganiese en landbou-ingenieurs wat as ’ n hegte span funksioneer .
Agriplas se produkreeks dek die hele besproeiingswaardeketting en hulle vervaardig die meeste produkte self .
Die produkreeks sluit die volgende in : poli-etileenpype ; plastiese mikrospuite ; ’ n verskeidenheid druppers wat verskillende hoeveelhede water teen verskillende hoeke deurlaat , party met drukkompenseerders ; spreiers in verskeie groottes en vir verskillende toepassings ; klapspuite ; hangspuite ; vloeireguleerders ; filters ; pompe ; kleppe ; outomatiseringtoerusting , en toerusting vir die verspreiding en toediening van kunsmis via die besproeiingstelsel . In die meeste gevalle word die produkte doelgemaak volgens die produsent se behoeftes . Agriplas is die leier in die vervaardiging van mikrospuite in Suid-Afrika en is trots op hul reputasie .
Produkontwikkeling van ingevoerde produkte word grootliks deur die verskaffers gedoen , terwyl plaaslik vervaardigde produkte se ontwikkeling danksy hul kundigheid , deur Agriplas self gedoen word . In die seisoen word tussen 80 t en 100 t rou materiaal maandeliks verwerk om produkte te vervaardig .
Allan Roodman , fabrieksbestuurder , verduidelik vir ons hoe die verskillende stelsels in die vervaardigingsaanleg werk en hoe die produkte saamgestel word . “ Hier word
10 . Nagenoeg 30 miljoen meter drupperpyp word jaarliks deur Agriplas se aanleg in Brackenfell vervaardig .
56 MARKtoe ! Augustus 2024