WINKEL
ervaring in die bedryf , hanteer die handelaars die res , wat die ontwerp van die besproeiingstelsel , die verkrygingsproses en installering , sowel as die náverkope diens en instandhouding insluit . Agriplas se kundiges is meer betrokke by die outomatisering van stelsels omdat hulle weer die ervaring daarvoor het .
“ Ons bedien die hele Suid-Afrika , sowel as die suidelike deel van die Afrika-kontinent , en is in feitlik al die SADEC-lande betrokke by die ver-skaffing van besproeiingstoerusting van wêreldklasgehalte – van Namibië , Botswana , Mosambiek , Zimbabwe , Kenia en Tanzanië tot in Malawi . In hierdie lande het ons ook deurwinterde diensverskaffers wat ons produkte versprei , die installering doen en die instandhoudingsdiens verskaf . Ons kan op hul tegniese vermoë staatmaak , danksy die sterk verhoudings wat hulle met die produsente in hul streke het ,” verduidelik Craig .
Verreikende verspreidingsnetwerk
Agriplas se primêre vervaardigingsaanleg is in die Kaap , maar daar is twee ander verspreidingspunte , een in Nelspruit en een in Centurion , vanwaar die noordelike deel van die land en die res van Suidelike Afrika bedien word . Agriplas verskaf ook produkte aan Agrimark-takke landwyd . As daar groot projekte buite landsgrense geïnstalleer moet word , word die komponente binnelands aanmekaar-gesit en dan na die eind-
8 .
9 .
8 . ’ n Drupper wat volgens spesifieke voorskrifte vervaardig is , word meganies in die plastiekpyp geïnstalleer . 9 . Gehaltebeheer is ’ n belangrike deel van die vervaardingsproses en hier toets Theo Hendricks die vloei van water wat deur mikro-spuitstukke deurgelaat word .
55 MARKtoe ! Augustus 2024