MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 50

AGRIMARK PROFESSIONELE DIENSTE
Al hoe meer produsente gebruik nette om veranderende weers-omstandighede te bekamp .

werk wat dan oorsig hou van alle aspekte van die projek , insluitend die aanvanklike assessering van die projek se uitvoerbaarheid , beplanning , opstel van planne , kosteberaming , logistieke bestuur , konstruksie van die nette , en instandhoudingsondersteuning nadat die projek voltooi is .”

Deur Professionele Dienste verseker Agrimark dat die produsent ’ n enkele kontakpunt het met ’ n spesialis wat nie net bedryfservaring het nie , maar ook die hele proses kan bestuur . Volgens Johan de Lange , Bestuurder : Dienste en Verhoudings by Agrimark , word die belangrikheid van netstrukture vir gewasbeskerming ’ n noodsaaklikheid vir ’ n toenemende aantal produsente . “ Met wisselvallige weerstoestande , insluitend meer intense reënval , oorstromings , windstorms , en periodes van uiterste hitte , word gewasbeskerming met netstrukture al hoe belangriker . Ons Professionele Dienste-span sluit spesialiste in soos ’ n siviele ingenieur met meer as 30 jaar ervaring . Hy sal ons help om te verstaan wat elke klant nodig het , hoe om spesifieke uitdagings aan te spreek , en watter oplossings ons kan bied . Ons het goeie verhoudings met belangrike rolspelers in die bedryf wat beteken dat ons hulle by ’ n projek kan betrek terwyl ons alle aspekte van die proses namens die klant bestuur .” Johan verduidelik dat klante verskillende en uiteenlopende behoeftes het , maar beklemtoon dat die span al hierdie behoeftes sal kan aanspreek , selfs al wil ’ n produsent net ’ n sekere deel van die professionele dienste wat aangebied word , gebruik .

’ n Spesialis-toesighouer

50 MARKtoe ! Augustus 2024