AGRIMARK PROFESSIONELE DIENSTE
Beste oplossing vir almal
Een van die vele voordele wanneer ’ n projek so gekoördineer word , is dat oplossings volgens die riglyne vir beste praktyk geïmplementeer kan word wanneer probleme ontstaan , soos wanneer die netstruktuur ingee , ’ n paal kraak of knak , of ’ n anker uit die grond trek . Hierdie betrokkenheid verbeter nie net die bedryf nie , maar bevoordeel ook klante .
Verskeie opsies sal voorgelê word aan die klant wat altyd die finale sê sal hê wanneer die plan uitgevoer moet word . Kwotasies vir verskaffers van verskillende produkte en eksterne dienste , soos ingenieurs en konstruksiespesialiste , sal as deel van die oplossing aanbeveel word .
“ Ons het goeie verhoudings met belangrike rolspelers in die bedryf wat beteken dat ons hulle by ’ n projek kan betrek terwyl ons alle aspekte van die proses namens die klant bestuur .”
Besproeiingstelsels wat waterbronne ten beste benut , kan nou ontwerp en geïmplementeer word .
gebruik om strukturele ontwerpe te evalueer om te verseker dat die struktuur die verwagte resultate sal lewer indien dit volgens die vasgestelde riglyne gebou en onderhou word .
Agrimark streef altyd daarna om waarde tot die klante- ervaring toe te voeg . Hierdie nuwe omvattende professionele diens wat ’ n span gekwalifiseerde kundiges insluit , bewys dat Agrimark die daad by die woord voeg .
’ n Ander innovering vir die netbedryf is dat Agrimark ’ n verskaffer van ’ n spesialisingenieurdiens gekontrakteer het om sagteware te Kontak jou agri-bemarker om ’ n konsultasie te reël .
51 MARKtoe ! Augustus 2024