MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 49

AGRIMARK PROFESSIONELE DIENSTE ’ n Nuwe professionele diens

“ Die konsep is om toesig te hou oor alle aspekte van ’ n projek , insluitend spesialisdienste van ingenieurs , kontrakteurs , verskaffers , en konstruksiemaatskappye . Ons bring al hierdie elemente bymekaar en bied ’ n oplossing aan die klant terwyl ons die projek tot voltooiing bestuur . Ons klante stel nie meer net belang in materiaal nie . Hulle wil omvattende oplossings vir hul behoeftes hê ,” verduidelik Hannes .

Deur Professionele Dienste verseker Agrimark dat die produsent ’ n enkele kontakpunt het met ’ n spesialis wat nie net bedryfservaring het nie , maar ook die hele proses kan bestuur .

’ n Komplekse , gedetailleerde proses is nodig om sukses te behaal wanneer ’ n net- en besproeiingstelsel gebou word . “ Dit begin dikwels op ’ n stuk onontwikkelde grond , maar daar is veel meer daaraan verbonde . Dit mag onder meer omgewingsimpakstudies , grondanalise en -voorbereiding , plantmateriaal , raamkonstruksie , besproeiing , bemesting , chemikalieë , en netstruktuur insluit . Agrimark se Professionele Dienste-span sal as die projekkoördineerder vir sulke projekte optree . Dit beteken dat die klant net met die projekkoördineerder hoef te

49 MARKtoe ! Augustus 2024