MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 48

AGRIMARK PROFESSIONELE DIENSTE

Hy beklemtoon dat baie klante reeds hul belangstelling in die nuwe diens uitgespreek het en daar is reeds drie projekte in Citrusdal se sitrusgebied aan die gang . Uitbreiding na die besproeiingsektor sal ook in lyn wees met Agrimark se strategie om op waterryk produksiegebiede te fokus . “ Tans is hierdie professionele diens spesifiek gemik op die voorsiening en installering van netstrukture en besproeiingstelsels , met alle dienste wat by een kontakpunt gekoördineer word ,” sê Hannes Smit , projekbestuurder in die Professionele Dienste- afdeling . Hy is verantwoordelik vir die koördinering en bestuur van landbou-infrastruktuurprojekte vir Agrimark- klante om samewerking tussen verskeie diensleweraars te verseker en te vergemaklik .

Hannes Smit is die projekbestuurder van Agrimark se nuwe Professionele Dienste-afdeling .

Meer as voorsiening

“ In die verlede het Agrimark gefokus op die verskaffing van produkte vir die netbedryf , soos ankers , drade , pale , en die nette . Nou kan ons die volledige oplossing aanbied , van beplanning tot implementering en instandhouding . Ons is gelukkig om personeel te hê wat ingenieurs is met baie ervaring op die gebied van besproeiing wat ook instrumenteel in die opstel van die riglyne vir die netbedryf was . Hierdie beginsels kan nou ook op die netkonstruksie toegepas word ,” verduidelik Arno .

Agrimark bied nou ’ n volledige oplossing vir die installasie en instandhouding van netstruk-ture en besproeiingstelsels .
48 MARKtoe ! Augustus 2024