MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 47

AGRIMARK PROFESSIONELE DIENSTE

Agrimark se nuwe omvattende professionele diens

’ n Groot voordeel vir produsente

Deur Danie Keet

In ’ n opwindende ontwikkeling het Agrimark Operations ’ n unieke diens bekendgestel wat omvattende oplossings bied vir produsente wanneer nette en besproeiingstelsels geïnstalleer word . Hierdie volledige , innoverende eenstopdiens verteenwoordig ’ n belangrike vooruitgang in landboubedrywighede wat ’ n groot impak op die landbousektor in Suid- Afrika gaan hê . Die diens kan in die toekoms na ander landbouproduksiegebiede uitgebrei word .

Volgens Arno Abeln , Besturende Direkteur van Agrimark Operations , was die behoefte aan oorkoepelende dienste een van die belangrikste dryfkragte agter die ontstaan van hierdie nuwe diens . “ Ons het ons produkte en dienste in die verlede altyd gefokus op waterryk produksiegebiede waar appels , pere , sitrus , druiwe , en bessies geproduseer word . As gevolg van klimaatsverandering , het produsente in hierdie gebiede al hoe meer uitdagings wat hulle die hoof moet bied . Weersomstandighede verander van seisoen tot seisoen – selfs van maand tot maand . Hierdie omvattende diens stel ons in staat om hulle op verskeie maniere te help . Eerstens , om die risiko ’ s wat deur ongunstige weersomstandighede veroorsaak word , te verminder ; dan ook om deurlopend produkte van goeie gehalte vir uitvoermarkte te produseer ; en ook om hul uitpakpersentasie te verhoog ,” verduidelik hy .

47 MARKtoe ! Augustus 2024