MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 45

LANDBOU

“ Hoekom wil jy dít nou weet ?”

Pieter lag egter en vertel hoe Neil van Zyl , ’ n embrio-veearts , vanuit Australië terugkeer en oor inligting beskik wat hy baie graag wou deel .

“ Sit ek en Ken en Neil om ’ n tafel . Neil noem van die wagyu en wil weet of ons nie saam iets kan doen nie . Ken stem onmiddellik in en wil by my weet wanneer ek laas met ’ n bees geboer het .”

Bo en behalwe om na ’ n klompie beeste buite Piketberg om te sien , het ek nog nooit eintlik nie .

Ken reken dit maak nie saak nie – iemand wat suksesvol met wingerd kan boer , kan suksesvol met enigiets boer . Boonop kan Neil vir Pieter help indien van die diere olik word . Ken ken van bemarking en is ’ n restauranteur . Maar wat van grond ?

Grondboukundiges stel ’ n akkurate grondkarteringsverslag saam om te bepaal watter kultivars en kloonkombinasies die beste in die spesifieke grond sal aard .
4 MARKtoe ! Augustus 2024