MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 44

LANDBOU

As gevolg van die grond wat so versadig met water was , het dit gelei tot die wingerd se wortels wat onaktief was . Die diepwortels het verrot . Haarwortels was dood . Daarna kom die uitermatige hitte en die plante begin stres .

“ Veral in die vlakker gronde . Van ons gronde is uitdagend met klei wat seker plekke op 40cm begin . Ons moes toe baie oordeelkundig besproei om die haarwortels weer aan die gang te kry . Dit was uiters uitdagend , maar die druiwe het baie mooi anderkant uitgekom .”

Ná al die versuipings en wortels wat byna die gees opgegee het , is dit straks nie gepas om nou na besproeiing te verwys nie . Maar laat dit wees soos dit wil .

“ My en Agriplas se paaie het baie

lank gelede gekruis en ek ge-bruik hulle produkte vanaf 2000 toe ek op Stellenbosch aangekom het . Bo en behalwe die produkte se betroubaarheid , kyk jy altyd na die ondersteuning en hoe die naverkoopdiens is . Daar gebeur iets wat verkeerd loop en elke keer het Agriplas se ouens uitgekom om die probleme op te los . Bo en behalwe dit is die verskillende druppers vir verskillende applikasies uitstekend . Daar is ander verskaffers wat min of meer dieselfde produkte het , maar Agriplas se gehalte is absoluut konstant en dit maak my as produsent baie gelukkig .”

Die wingerd het oorleef en Pieter is gelukkig . Dus , soos voorheen belowe , neig die gesprek na die Wagyu-beeste .

Ken Forrester Wines se wyne strek wyd . Die Sparklehorse se naam het Ken in Parys bekom toe hy ʼn carousel besoek het .
44 MARKtoe ! Augustus 2024