LANDBOU
fondasie van daardie samestelling gaan nie verander voordat jy nie ’ n nuwe lyn in jou wynkolleksie inbring nie . Alhoewel die standaard kultivars soos cabernet en merlot altyd beskikbaar is , kry jy deesdae baie nuwe kloonseleksies van dieselfde kultivars . Die klone gee verskeie eienskappe aan dieselfde kultivar . Byvoorbeeld : met sauvignon blanc het ons spesifieke RSA-klone , maar vandag het ons klone ook vanuit Frankryk beskikbaar . Jy moet egter konstantheid handhaaf van wat in jou bottel wyn is .”
Konstantheid van wyn ? Moet elke wyn elke jaar presies dieselfde smaak ? Pieter reken hy wens dit het só gewerk . Maar die natuur kan nie voorgeskryf word nie . “ Kyk , neem
byvoorbeeld verlede jaar . Ja , ons soek koue sodat jou stokke in winterrus kan gaan om reserwes op te bou vir die volgende seisoen . Die winter verlede jaar tot en met die tyd toe die oes verby was , was lekker nat . Maar asof dit nou nie genoeg was nie , gooi die Oubaas vir ons ’ n curve ball en stuur daai vloed .”
Daarna volg die lente wat veronderstel was om warmer te wees . Gedurende daardie tyd bot die wingerd en die wêreld is lowergroen .
“ En toe kom die tweede sarsie reën . Soveel so dat in die blokke teen die rivier net die punte van die pale wat die drade omhoog hou waarteen die wingerd rank , bo die water uitsteek het . Nou kan jy nie
Links : Met die oog op diversifisering is hierdie Wagyubeeskomponent geskep . Regs : Pieter Rossouw se verhouding met Agriplas strek oor dekades , en hy het volle vertroue in die groep se produkte .
42 MARKtoe ! Augustus 2024