LANDBOU
jaar geduur het en ons het verlede jaar 247 stokkies ontvang . Ek het daardie stokkies as ’ n moederblok op twee hektaar geplant en van daardie stokkies weer laat ent . Stadig maar seker bou ons ‘ n blok omdat hierdie moedermateriaal so beperk is .”
Die meeste tradisionele kwekerye is in Wellington te vinde en wanneer nuwe aanplantings beplan word , word bestellings ’ n jaar voor die tyd geplaas .
Die wingerdboukundige se taak is om die grond en die bepaalde kultivar goed te verstaan . Elke aksie in die wingerd het ʼn reaksie wanneer die wynmaker sy ding doen .
“ My en Agriplas se paaie het baie lank gelede gekruis en ek gebruik hulle produkte vanaf 2000 toe ek op Stellenbosch aangekom het .”
“ Tydens jou beplanning moet jy besluit watter klone en onderstokke jy wil hê . Hierdie proses word met die hulp van ’ n wingerdkonsultant gedoen , want ons moet die grond verstaan en weet wat die wyndoelwit is . As ons al hierdie in plek het , is daar vele keuses wat dan die kombinasie van jou onderstok en kloon beïnvloed .”
Vele aspekte beïnvloed hierdie keuses . Droogtebestandheid , aangesien sekere onderstokke beter in natter grond aard . Grondtipe en die tipe kultivar wat die beste in daardie spesifieke stuk gaan groei . Natuurlik is daar toenemend meer nuwe kultivars beskikbaar .
“ Dit is baie belangrik in die opsig dat jou handelsmerk gebou is rondom sekere kultivars en die
4 MARKtoe ! Augustus 2024