MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 40

LANDBOU

sodoende die verskillende gronddigthede meet . Met ander woorde , waar die een tipe grond oorskakel na ’ n ander , word hierdie inligting op grondkaarte aangeteken en kan die grondboukundige ’ n meer akkurate grondkarteringsverslag saamstel met die nodige aanbevelings van watter kultivars en kloonkombinasies die beste in die spesifieke grond sal aard .

“ Nou kan jy die regstellings doen . Sekere grond het byvoorbeeld fosfaat en kalk nodig . Dus doen jy eerstens al jou mikro- en makroregstellings .”

Nadat hierdie regstellings gedoen is , word die gegewe kultivars vanaf kwekerye bekom en geplant .

“ Gepraat van plant en alles wat daarmee gepaardgaan . Ons het

’ n baie mooi storie . Een van ons kultivars heet ’ n 1964 grenache noir wat uit Piekenierskloof kom . Die Piekenierskloof grenache-druiwe gaan in twee van ons Icon-wyne en is bekend vir sy unieke klein korreltjies . Nou , hierdie spesifieke bron sou binnekort nie meer beskikbaar wees nie . Die spesifieke blok het op oom John Rauch se plaas Tierhoek gestaan . John verkoop toe die grond aan die Erasmus-broers van Citrusdal , maar voordat die koop deur is , sny ons van die laaste snoeiaksie winterlote wat toe na Vititech gestuur is . Rosa Kruger , die bekende wingerdboukundige wat op daardie stadium vir die Ruperts navorsing oor Suid-Afrika se ou wingerde gedoen het , het die projek gefasiliteer . Dit was ’ n proses wat sewe

Die elegante proelokaal waar Ken Forrester Wines geniet kan word .
40 MARKtoe ! Augustus 2024