MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 39

LANDBOU

drie jaar later die eerste druiwe afgee aan die kelder .”

’ n Uitdagende veld waar die wingerdboukundige oor ’ n breë kennis en begrip beskik van hoe die wingerdstok werk . Goeie kennis van spesifieke kultivars , watter siektes daardie plant aanval en die beheer daarvan . Hoe om die somerloofaksies gedurende die seisoen te bestuur en wanneer besproei moet word .

“ Jy moet duidelik weet wat die wyndoelwit is . Want elke aksie wat jy in die wingerd doen , het op sy beurt weer ’ n reaksie met betrekking tot die gehalte van die druiwe .”

Soos vroeër genoem , was Scholtzenhof verwaarloos . Die wingerde oud en afgeleef . Dus moes van vooraf begin word . Ken wou die

beste chenin in die wêreld maak en het van die blokke begin vernu . Die twee oudste chenin-blokke , naamlik die K-blok en die welbekende FMC , staan egter vandag nog , onderskeidelik in 1973 en 1974 geplant .

Volgens Pieter is grondvoorbereiding die belangrikste beginpunt van die bestaan van enige nuwe aanplanting en merendeels standaard tot jou grondtipe .

“ Daar is deesdae baie nuwe tegnieke beskikbaar . Jy kan die grond voor die tyd skandeer om die verskillende grondtipes vooraf te bepaal . In die verlede moes jy ’ n klomp gate maak . Deesdae word lasertegnologie ingespan .”

Hierdie tegnologie bestaan uit ’ n motorfiets wat ’ n band met sensors toegerus oor die grond sleep en

Pieter Rossouw is die plaas se wingerdboukundige en nou ook bees-fundi .
39 MARKtoe ! Augustus 2024