MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 38

Ken Forrester Wines
LANDBOU

Ken Forrester Wines

Ken Forrester Wines is vanjaar dertig jaar oud . En dit is ’ n besondere prestasie aangesien Ken die plaas in 1994 , seker die onsekerste ekonomiese tyd in ons geskiedenis , op ’ n veiling gekoop het . Boonop was die Scholtzenhof ( die naam op die oorspronklike titelakte is 1694 ) uiters verwaarloos . Dit nadat Ken as restauranteur in Gauteng doenig was en tot die oortuiging gekom het dat wynmaak eintlik sy nering is . Dit is natuurlik nie te sê restaurante is van Ken se radar af nie . Besoek 96 Winery Road ( beide die restaurant se naam en geografiese posisie ) en vind self uit .

Pieter Rossouw is ’ n boorling

van Piketberg en sluit in 2009 by Ken aan as wingerdboukundige . Aanvanklik was alles redelik eenvoudig . Wingerdbou is in Pieter se bloed , maar toe kom Ken en steek ’ n stok in die wiel . Hy wil diversifiseer deur ’ n beeskomponent toe te voeg : Ken Forrester Prime Beef met die handelsnaam Cape Wagyu . Maar later kortliks meer oor hierdie verrassende en uitdagende uitbreiding , verál vir ’ n wingerdboukundige .

Pieter sê : “ Dit is altyd interessant hoe verskillende mense die werk van ’ n wingerdboukundige omskryf . Basies is dit alle fasette van wingerdverbouing vanaf jou grondvoorbereiding en plant tot waar jy

Ken Forrester het die plaas 20 jaar gelede gekoop en moes omtrent al die verwaarloosde wingerde vervang .
38 MARKtoe ! Augustus 2024