MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 34

LANDBOU
Agriplas het Theunis bygestaan om te bepaal waar die nuwe pompkamers gebou moet word en watter soort pype , filters en drupperpype benodig sal word om water doeltreffend te skuif .

dit terwyl die wingerdbouer die dromme in die agtergrond timmer .”

Riaan se pad na wynmaker kom met wye draaie . Ná sy skooljare in die Strand , toer hy in Europa om te probeer bepaal wat hy met sy lewe wil doen . Drie jaar later keer hy terug met nog minder idees oor hoe sy pad vorentoe gaan loop .

“ Toe kom een van my pelle en sê hulle soek iemand om hulle gedurende parstyd in die kelder te kom help .”

Na ’ n paar jaar van vloere en tenke skrop , en soos wat hy meer geleer het omtrent wyn , het sy passie vir die wêreld van wyn ontstaan . Hy besef toe dat wynmaak sy roeping is en gaan studeer hy Keldertegnologie en Wingerdbou te Elsenburg . En nou , ongeveer 18 jaar later in die bedryf , bevind hy homself as wynmaker by Lievland . En ons keer terug na Theunis se vertelling van die musiekgroep .

“ Ons weet dat goeie wyn word in die wingerd gemaak . Dus is daar ’ n baie nou band tussen die wingerdboukundige en die wynmaker . En om daai liedjie te kan sing , moet

4 MARKtoe ! Augustus 2024 www . dixonbatteries . co . za