LANDBOU
daar noue samewerking tussen die twee wees . Hy moet kan verstaan wat ek in die wyn wil proe en daai boodskap moet ek aan hom probeer oordra . Na gelang daarvan sal hy weet wat hy op sy beurt in die wingerd moet doen .”
Volgens Riaan is ’ n goeie wingerdboukundige iemand wat die grond en sy omgewing baie goed kan verstaan .
“ Ek sê altyd beide wingerdboukundiges en wynmakers moet gaan stilstaan en luister wat die wingerd vir jou sê . Dit beteken jy kan nie na wil en dank iets wat nie inpas op die omgewing probeer forseer nie .”
Met betrekking tot die wynmaker
reken Riaan : goeie wyn moet goeie balans hê en so moet goeie wynmakers ook balans hê tussen waarvan hy en die verbruiker hou . “ Toe ek begin het , was ek soos enige jong bulletjie wat die uiterstes beproef het . Maar soos jy ouer word , besef jy sekere goed is belangriker as ander en so vorm jy nie net goeie balans in jou lewe nie , maar goeie balans in jou wyne .”
Die slotsom : miskien is Riaan die frontman voor op die verhoog , maar Theunis het ook sy welverdiende plek in die limelight . En ons drink ’ n oulap se rooi nie net op beide van hulle nie , maar ook op die egpare Condé , Myburg en Myburg .
Theunis Bell is Lievland se wingerdboukundige en staan hier by een van Agriplas se indrukwekkende outomatiese terugspoelfilters .
35 MARKtoe ! Augustus 2024