LANDBOU
Onthou , daar is ook nie ’ n blanko tjekboek nie en al die fasette moet hulself finansier . Maar ons wil ’ n besigheid hier bou waarop almal trots kan wees .”
En om hierdie doel te bereik , moet die wingerd uiteraard behoorlik besproei word en hiervoor word Agriplas se produkte ingespan .
“ Ek werk met ’ n onafhanklike besproeiingsontwerper . Ek en hy het aanvanklik saamgesit en taamlik holisties gedink oor hoe die plaas moet lyk wanneer ons klaar is . Daarom het ons aan ’ n tienjaarplan gewerk om eerstens die infrastruktuur in plek te kry . Waar gaan ons die pompkamers bou ? Watter soort pype gaan ons benodig om die water te kan skuif om dus doeltreffend te kan besproei ? En Agriplas het vir ons baie goeie raad gegee . Ons praat hier van ons pompe , filters
en drupperpype . En onthou , jou drupperpype kos omtrent die helfte van ’ n blok se besproeiing en Agriplas is baie goed daarmee .
Die ander uitstekende ding is hulle fabriek sit reg hier in die Kaap en hulle vervaardig ’ n absolute plaaslike produk en nie iets wat ingevoer is nie . Waar ons in die verlede miskien ’ n skaafplek gehad het , is die manne vinnig hier om probleme op te los , of om met alternatiewe benaderings te kom . Ek hou van Agriplas , omdat hulle produkte uitstekend is en die naverkoopdiens is puik .”
So met die opstaan om die woordvoering aan Riaan Möller , die wynmaker , te oorhandig , kom Theunis met die volgende :
“ Hierdie game is soos ’ n musiekgroep . Die wynmaker is die frontman wat voor op die verhoog bokspring en al die shine vang , en
Lievland met die herehuis , Lievland Café en proelokaal waar die lekkerste wyne en kos geniet kan word .
33 MARKtoe ! Augustus 2024