LANDBOU
motorhuise en dies meer gemaak . Hierdie vorm van wynmaak staan dan bekend as Garagé en nadat een van hierdie kraniges groot pryse gewen het , vat die proses pos .
Volgens die beskeie Theunis is die wingerdboukundige se taak eenvoudig : hy moet bloot seker maak die druiwe wat verbou word , goed genoeg is vir die wynmaker om sy ding behoorlik te doen .
“ Ek moet kwaliteit druiwe boer , optimaal op die regte plek en met die regte onderstok waarvan die wynmaker goeie wyn kan maak . Kyk , wynmakers kan slegte wyn van goeie druiwe maak , maar kan nie goeie wyn van slegte druiwe maak nie .”
Die Lievlanders mik uiteindelik na sestig hektaar en dit is volgens Theunis ’ n baie hanteerbare landbou-eenheid .
“ Ons is uitsluitlik wyngedrewe . Met ander woorde , daar is geen ander vorm van boerdery soos diere op die plaas nie . En ons is glad nie ’ n buitelandse stokperdjieplaas nie . Ons kweek dus ons eie druiwe , maak , bottel en etiketteer die wyn op die perseel .”
Aangesien die plaas nog in sy groeifase is , word druiwe ook aangekoop .
Alhoewel Lievland se fokus op uitvoer is , beteken dit egter nie Suid- Afrikaners word die vreugdes van Lievland ontsê nie . ’ n Elegante proelokaal waar besoekers letterlik die vrug van die Lievlanders se arbeid kan geniet , die Lievland Café met ’ n eiesoortige en interessante spyskaart , het verlede jaar September geopen .
“ Ja , die restaurant het nog sy groeipyne , maar dit is te verstane .
Die Lievland Café met die uitsig oor damme , wingerde en golwende lowergroen heuwels .
32 MARKtoe ! Augustus 2024