MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 30

LANDBOU

besonder geskik vir die verbouing van druiwe en dit handel alles oor klimaat . En hierdie besigheid is van stapel gestuur vandat die eerste Franse Hugenote in hierdie omgewing vir die plaaslike Hollanders kom leer het hoe om met wingerd te werk en wyn te maak .

“ Die omgewing het ’ n klompie boksies wat ge-tick moet word : lekker warm somers met kouer nagte . Die nabyheid van die see is belangrik . Die produsente in Somerset-Wes en die Hemel-en-Aarde-vallei is heelwat nader aan die see en daarom is daardie gebiede meer geskik

vir pinot noir , sauvignon blanc en chardonnay , want daardie kultivars soek seelug . Ons is meer rooidruiwe-gedrewe . Stellenbosch staan mos hoeka bekend as Red Wine Country .”

Theunis is ’ n boorling van Darling en Yzerfontein .

“ Ek hou van Agriplas , omdat hulle produkte uitstekend is en die naverkoopdiens is puik .”

“ Ek het die voorreg gehad om as ’ n jong laaitie deur iemand aangestel

Bo : Ná die veroudering en versnyding gaan die wyne na hierdie stoortenke vir ’ n klompie maande , waarna finale aanpassings gemaak word voor bottelering . Onder : Die wyn word in hierdie merendeels Franse eikehoutvate vir 12 tot 16 maande lank verouder .
30 MARKtoe ! Augustus 2024