MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 28

LANDBOU

grondregstelling gekyk deur ander gewasse soos hawer en lupiene aan te plant om net weer organiese materiaal in die grond op te bou .”

Vervolgens is daardie areas geïdentifiseer waar die eerste aanplantings gedoen sou word en watter kultivars geplant moet word . Sekere areas is byvoorbeeld meer geskik vir cabernet sauvignon en ander is weer beter vir pinotage . Hierdie areas se geskiktheid word deur hellings en kompasrigtings beïnvloed . Neem byvoorbeeld cabernet sauvignon : hierdie kultivar groei beter teen ’ n wes /

noordhelling , omdat sonligure per dag van kardinale belang is . Ander kultivars , soos chenin blanc , verkies weer die kouer hellings .

Kyk na die plaas en die grond lê in ’ n hoefystervorm . En daarmee het hulle verskeie hellings te kies en te keur . Indien die helling , windrigting en sonligure in berekening gebring word , is ingeligte besluite aan die orde van die dag .

“ Indien jy die goue draad van elke kultivar neem , kan jy bepaal watter een gaan beter hier pas . En pas dit toevallig in ons plan vorentoe .

Iets waaroor Theunis besonder

Bo : Wingerd soek warm somers en kouer nagte . Die nabyheid aan die see speel ook ʼn belangrike rol . Lievland is verder vanaf die see en daarom staan daardie omgewing bekend as Red Wine Country . Onder : Wingerdboukundiges moet kwaliteit druiwe produseer sodat wynmakers goeie wyn kan maak . Slegte wyn kan immers van goeie druiwe gemaak word , maar goeie wyn nie van slegte druiwe nie .
28 MARKtoe ! Augustus 2024