MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 27

Lievland
LANDBOU

Lievland

Die plaas Lievland , geleë teen die R44 tussen Stellenbosch en Klapmuts , kon ook Geliefde Land of Geliefde Plaas heet . Toe Jose Condé en Tyrrel Myburg die plaas in 2017 aankoop , was die grond vir ongeveer ’ n dekade verwaarloos . Die nuwe eienaars was op soek na ’ n plaas waar hulle hul groeiende wynbedryf en handelsnaam kon vestig en het nie vir dié uitdagings geskrik nie . Nuwe wingerd moes aangeplant word . Historiese geboue het restourasie geverg .

Dit was alles koue pampoen . Die geskiedenis van die plaas is deurspek met mense wat die bykans onmoontlike aandurf . Soos die

legendariese barones vanaf Latvia , ’ n weduwee met vyf kinders , wat die boorde met ’ n perd geploeg het in die 1930 ’ s . Die visionêre dame wat chenin blanc in vate gefermenteer het lank voor die praktyk in algemene gebruik was . Om nie te praat van die twee perde wat huidiglik ’ n springboklam aangeneem het nie . Alles net liefde .

Theunis Bell is die wingerdboukundige en vertel dat ná die aankoop van die plaas hulle ongeveer 40 hektaar ontbos en skoongemaak het en vanaf 2019 met nuwe aanplantings begin het .

Theunis sê : “ Nadat ons die ou wingerd verwyder het , het ons na

Riaan Möller is Lievland se wynmaker en iemand wat glo dat jy nie net balans in jou lewe moet vorm nie , maar ook balans in jou wynmaak .
27 MARKtoe ! Augustus 2024