MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 26

LANDBOU

Vervolgens begin die Stigting ’ n nasorgprogram vir kinders vanaf Graad R tot Graad 12 waar hulle ’ n heilsame bord kos kry en daarna , volgens die verskeie ouderdomsgroepe , ekstra onderrig in enige van hul probleemvakke ontvang .

“ Ons doen ekstra sport en dan het ons ’ n tutor wat een-op-een fokus . Vra maar by die skool en hulle sal vir jou presies sê watter is die Dennegeurkinders .”

Daar is vele ander fasette : musiekprogramme vir Graad Vier en ouer om nuwe belangstelling te ontwikkel . Afgetredenes word besig gehou met handwerk . ’ n Terapeut is voltyds op die plaas en ’ n verdere een besoek die plaas twee keer per week om diegene met geestesprobleme by te staan .

Hierdie is letterlik ’ n geval van die appel het nie ver van die boom af geval nie , en ons kan seker wees dat baie van Carina se appels baie naby aan haar sal val . En so kring die appels uit en skep ’ n gesonde en vooruitstrewende gemeenskap .

Hierdie puik outomatiese terugspoelfilter word deur Agriplas voorsien .
26 MARKtoe ! Augustus 2024