LANDBOU
Bo : Kinders vanaf drie maande oud tot matriek ontvang hier gespesialiseerde onderrig en al die hulp wat hulle benodig om vooruitstrewende volwassenes te word . Onder : Carina van Wyk ( née Beukes ) is aan die hoof van die Dennegeur Stigting .
Vanaf 2009 bestuur Carina die plaas se sosiale ontwikkeling as menseverhoudings , maar in 2019 is besluit om ’ n maatskappy sonder winsoogmerk te stig wat nou die Dennegeur Stigting is .
“ Suiwer omdat ons soveel skuiwe gemaak het wat daartoe gelei het dat ons sosiale ontwikkeling so gegroei het dat dit ’ n entiteit op sy eie kon wees .”
Daarna is die crèche groter gemaak deur ’ n nuwe gebou op te rig . “ En die fasiliteit is by die pakstoor
24 MARKtoe ! Augustus 2024 sodat mamma kan borsvoed . Ál die personeel daar is professioneel opgelei . En ons is nie net ’ n dagsorg nie , maar ook voorskool . Die kinders is daar vanaf die ouderdom van drie maande en dus is daar stimulasieprogramme . Die kinders is opgedeel in verskillende ouderdomsgroepe en is onder die toesig van iemand wat vir daardie spesifieke ouderdomsgroep opgelei is .”
Vervolgens het ons besef vele jongelinge verlaat skool voordat hulle kon matrikuleer . Navorsing is