LANDBOU
terugspoelfilters spoel na wense , die spitters spit en die spuitjies spuit in perfekte sinkronisasie soos die musikale fonteine in Dubai . Alles met betrekking tot die boerderykomponent loop dus dooddollies .
Baie landbouers beskou arbeid egter as ’ n uitdaging . By Dennegeur Boerdery sing hulle ’ n ander deuntjie .
Carina sê : “ Sosiale ontwikkeling is ’ n saadjie wat in ons harte geplant is gedurende die vroeë sestigerjare deur my oupa Sas . Hy het daardie jare reeds grond vir ’ n skool geskenk wat tot vandag toe nog plek vir tweehonderd kinders het . Hierdie kinders se ouers werk vir ons en op baie van die omliggende plase . En ook grond vir ’ n kerk is geskenk wat ook steeds baie aktief is .”
Die wit kartonne is vir die uitvoermark , terwyl die rooies plaaslik verhandel word .
4 MARKtoe ! Augustus 2024