MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 21

LANDBOU

“ Agriplas voorsien basies alles aan ons : die spitters , die pompe en kunsmispompe en die outomatiese terugspoelfilters . Ons het hoeka vanjaar ’ n nuwe een gekoop wat nogal met Bluetooth werk , sodat jy die ou kan laat weet hoe lank hy moet spoel en die tipe goed . Selfs ons watermeters en krane . Vir my gaan dit oor die navorsing wat hulle met betrekking tot besproeiing doen . Byvoorbeeld , Agriplas se spuitjie is nie net een wat jy van die rak af koop nie . Agriplas se konsultante kom verduidelik vir jou presies wat sy doel is . Ek sê gewoonlik vir hulle ek wil die volgende aanplantings doen en hulle besluit watter soort spuitjies die beste sal wees . Die tipe spuitjie word bepaal

deur hoe vinnig ek water wil neersit . Miskien is die tipe grond van die soort wat ek vir langer periodes minder water moet gee . Dit gaan ook vir my oor die beskikbaarheid van Agriplas se produkte en die naverkoopdiens . Boonop , indien daar ’ n fout in ’ n sekere produk van hulle is , en voordat ek dit eens agtergekom het , sal hulle na my toe kom om te sê daar is fout en hulle vervang die produk . Ons het byvoorbeeld spitters gehad wat binne drie jaar uitgewerk was en Agriplas het alles vervang . En hulle is hier in die Kaap . As jy op ’ n Saterdag of ’ n vakansiedag probleme het , kom hulle dadelik om jou te help . Dit is wat ek van hulle hou .”

Nou ja , die outomatiese

Grabouw se omgewing is voordelig vir appels vanweë die genoegsame koueeenhede , warmeenhede in die somer , voldoende reën en natuurlik die seelug .
21 MARKtoe ! Augustus 2024