MARKtoe! Augustus 2024 - Uitgawe 118 | Page 18

LANDBOU

van Dennegeur se waardestelsel gehou – hoe hulle na grondgesondheid en hul werkers se welvaart omsien . Nou is ek dolgelukkig hier .” Dennegeur boer met appels en pere op 215 hektaar met afdelingsbestuurders . Die plase bestaan uit Dennegeur , Remhoogte ( nie die grote oorkant die pad nie ), Linquenda , Marne Farm en onlangs is Groenland aangekoop . Appels is egter Dennegeur se grootste verbouiing en die fokus is daarop .

“ Ons het 200 hektaar onder appels en doen ongeveer 40 000 kratte per jaar .”

Grabouw se omgewing is voordelig vir appels vanweë die genoegsame koue-eenhede , warm eenhede in die somer , voldoende reën en natuurlik die seelug .

“ Seelug sorg dat aande vinniger afkoel en dat die omgewing nie uitermatig warm word soos byvoorbeeld in Worcester nie .”

Sien goed om na ’ n appelboom en dit produseer vir tot 25 jaar . Die nuwer generasie bome voorsien vir omtrent 20 jaar .

“ Maar ons sal nog uitvind hoe die nuwelinge doen met hul Genevaonderstokke . Ons het ook bome wat om en by 40 jaar oud is en hulle laat loop . Die rede daarvoor is dat ons baie op grondgesondheid gefokus is . Ons probeer sover moontlik stikstof op ’ n biologiese manier in die grond te kry deur al die snoeitakke en ontbossing te chip en rondom die bome te gooi . Dit maak van hierdie boerdery ’ n heeltemal ander prentjie .”

Links : Oupa Sas het reeds gedurende die vroeë sestigerjare die visie gehad om sosiale ontwikkeling op Dennegeur aan te wakker . Regs : Appelboorde so ver as wat die oog kan sien , met masjiene ( sigbaar aan die linkerkant ) wat die onlangse vloedskade herstel .
18 MARKtoe ! Augustus 2024